Maleági 4:1

Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ’n oond…

Maleági 4:5-6

Kyk, ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek.

En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.



Die laaste boek van die Ou Testament beloof die vernietiging van die wêreld. Maar voor die einde, word voorspel dat Elía die profeet sal terugkeer en die Messias sal bekendstel. Party sê dat Johannes die Doper hierdie profesie vervul het.

Tweeduisend jaar gelede, het die Jode verwag dat die Messias sou kom. Hulle het geweet dat Maleági voorspel het dat ’n man met die gees van Elía die Messias aan hulle sou bekendstel. Maar toe Johannes die Doper gekom het, was hy nie wat hulle verwag het Elía sou wees nie. Toe hulle Jesus gevra het oor hoekom Elía nie eers gekom het nie, het Hy hulle duidelik gesê dat Johannes die vervulling van die profesie was: “En as julle dit wil aanneem, hy is Elía wat sou kom.”

Dit was net ’n klein groepie mense wat hierdie openbaring ontvang het. Vir die meeste van die godsdienstige leiers, was Johannes niks meer as ’n oorywerige kritikus van hulle organisasies nie. Nie net het hulle nie die gees van Elía herken nie, maar erger nog, het hulle ook die Koms van Christus misgeloop.

So het Johannes die Doper Maleági se profesie vervul? Nie heeltemal nie.

Eerstens, het die wêreld nog nie “gebrand soos ’n oond nie,” so ons weet dat ten minste ’n deel van Maleági 4 nog moet plaasvind. Nog ’n deel van die Skrif wat nie vervul was deur Johannes nie, was: “die hart van die kinders tot hulle vaders.” En, Jesus, Self, het geprofeteer dat Elía sou kom (toekomstig) en alle dinge herstel. (Matt 17:11)

Daarom moet ons soek na Elía voor die Tweede Koms van Christus!

Nou, in hierdie moderne dag, is dit tyd vir die Tweede Koms van die Here Jesus. Weer, word ons beloof dat die gees van Elía Hom sal bekendstel aan ons volgens Maleági 4. Maar watter groep mense sal Elía herken wanneer hy kom? Net hulle wat na hom soek.

Ons word herinner aan hierdie Woorde van ons Here en Verlosser wanneer ons aan Maleági se profesie vir hierdie laaste ure van tyd dink:

Maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie herken nie… Matthéüs 17:12

Wat as ons die koms van Elía misloop? Sal ons dan die Tweede Koms van Christus misloop, soos die skrifgeleerdes en Fariseërs Sy Eerste Koms misgeloop het omdat hulle nie Johannes die Doper herken het nie?

 

 

 

 

Verwysings

II Konings 2:15

En die profete–seuns wat in Jérigo was, het dit op ’n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elisa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebruig.

Jesaja 40:3-4

’n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis ’n grootpad vir onse God!

Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ’n gelykte en die rotsagtige plekke ’n laagte word. [Johannes die Doper.]

Maleági 3:1

Kyk, Ek stuur my boodskapper [Johannes die Doper], wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

Maleági 4:1-6

Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ’n oond [het nog nie gebeur nie]; dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ’n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die Here van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.

Maar vir julle wat My Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder Sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voete op die dag wat ek skep, sê die Here van die leërskare.

Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel – insettinge en verordeninge.

Kyk, ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek.

En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders [Johannes die Doper], en die hart van die kinders tot hulle vaders [moderne Elía], sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.

Matthéüs 11:10

Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor u uit sal regmaak. [Maleági 3:1, Johannes die Doper]

Matthéüs 11:14

En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom. [Johannes die Doper]

Matthéüs 17:11-12

En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel [Moderne Elía];

maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie herken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. [Johannes die Doper]

Lukas 1:17

En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vader terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ’n toegeruste volk te berei. [Johannes die Doper]