Hier volg ’n paar vrae wat ons ontvang het in verband met ons bediening. Indien jy, na die lees hiervan, steeds ’n vraag het aangaande die inhoud van hierdie webwerf, stuur asseblief vir ons ’n epos na answers@themessage.com.

 

Wat is julle geloofsverklaring?

Ons sou sê dat ons “amptelike” kerkdoktriene die Bybel, van Génesis tot Openbaring, sou wees. Ons geloofsverklaring kan soos volg opgesom word: Geen belydenis behalwe Christus; geen wet behalwe liefde; geen boek behalwe die Bybel; nie.

Ek’s alreeds ’n Christen. Is die inligting op hierdie webwerf regtig van belang vir my?

Ja! Christene behoort al God se Woord te glo; dis hoekom ons kerk toe gaan en ons Bybels lees. Waarom sou jy die deel van die Bybel glo wat sê Jesus het vir jou sondes gesterf, en misken hoe sonde in die Tuin van Eden begin het?

Ek glo wat ek gelees het, is die waarheid. Hoe sluit ek aan?

Die Liggaam van Christus is nie ’n sekte of denominasie nie, en die enigste lidmaatskapvereiste is dat jy aan die Here Jesus glo. Moet jou nie bekommer oor jou indentifikasie, of om papiere in te dien by die kerkregering , nie. Glo net die Woord, en die Here sal vir die res sorg.

Is julle ’n kerk?

Ons is nie ’n kerkorganisasie nie, maar ons bedien duisende kerke en miljoene individue om die wêreld deur hulle te voorsien van godsdienstige materiaal. Ons missie is om mense aan te moedig om nader aan die Here Jesus te kom deur Sy Evangelie beskikbaar te stel aan almal op die aarde.

Ek wil gedoop word. Wat nou?

As jy nie iemand kan kry om jou te doop in die Naam van die Here Jesus Christus nie, stuur vir ons ’n epos met jou ligging en ons sal vir jou ’n lys van kerke in jou area stuur wat jou na behore kan doop. Onthou, volgens die Bybel is dit belangrik om in Jesus se Naam gedoop te word, en nie in die titels van Vader, Seun en Heilige Gees, nie.

Glo julle dat ek velore is omdat ek ’n Katoliek of ’n lidmaat van ’n ander denominasie is?

Die Here Jesus het gesê: “Moenie oordeel, dat jy nie veroordeel word nie.” Geen mens het die gesag om verlossing te beoordeel nie. Jesus het ook gesê: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie , sal veroordeel word.” So dit maak nie saak of jy ’n Katoliek, Baptis, of Pinkster is nie; as jy glo aan die Here Jesus Christus dan sal jy gered word.

Wat is Voice Of God Recordings (VGR)?

Voice Of God Recordings, Inc.. is ’n inter-denominasionele bediening wat toegewy is aan die bevordering van die Evangelie van die Here Jesus Christus. Die primêre bron van die materiaal wat ons versprei, is die opgeneemde boodskappe van oorlede William Marrion Branham, ’n profeet van God en internasionaal-erkende evangelis. Ons uitreik sluit in Mp3 CD’s, videos, sagteware, boeke, tydskrifte, traktaatjies, foto’s, nuusbriewe en webwerve.

Wie is William Branham en wat het hy met my te doen?

Eerwaarde Branham was ’n wêreldbekende evangelis wat op die sendingveld was ongeveer vanaf 1947 tot 1965. Nie alleen het hy miljoene na Christus gelei nie, maar God het sy bediening bevestig deur ontelbare wonderwerke. Hierdie skakel sal vir jou ’n inleiding gee tot sy bediening

As al hierdie wonderwerke werklik gebeur het, hoekom het ek nog nooit daarvan gehoor nie?

Dit is ’n goeie vraag en een wat ons graag aan al die hoofstroomkerke van vandag wil vra. God het ’n profeet gestuur! Waarom praat almal nie daarvan nie? Hulle behoort.

Waarom lê julle soveel klem op William Branham?

Om dieselfde rede wat Joshua soveel klem gelê het op Moses. Moses was ’n profeet wat ’n Boodskap van God gebring het. Broer Branham het dieselfde ding gedoen.

Ek het vroue gesien wat geassosieer is met julle bediening. Waarom het hulle almal lang hare en dra hulle lang rompe?

Paulus het gesê in I Korinthiërs 11:15: “ Maar as ’n vrou lang hare dra, dit vir haar ’n eer is, omdat haar hare vir haar gegee is as ’n bedekking.” Paulus het ook gesê dat vroue hulself moet “ beklee met behoorlike kleding…” en Moses het gesê: “ ’n Vrou mag geen mansklere dra nie.” As die Bybel dit sê, dan sal ware Christene dit glo.

Ek het ’n bietjie navorsing gedoen en ’n paar webwerve gevind wat toegewy is om te weerspreek wat Eerwaarde Branham gesê het . Hoe antwoord julle hulle?

Jy sal webwerve vind wat enigiets en alles weerspreek, insluitend die Bybel. Ons vra net dat jy die Boodskap, wat ons aan jou gegee het, sal oordeel volgens die Woord van God, en nie volgens retoriek wat so maklik op die internet te vinde is nie. Onthou, daar is niemand wat so belaster word soos die Here Jesus nie. As jy iets reg doen, kan jy kritiek verwag.

Al die organisasies het hulle hande in my sakke. Dis altyd oor geld.

Let op dat daar nêrens op hierdie webwerf plek is om ’n donasie te maak nie. Wanneer die tyd aanbreek waar ons moet smeek vir geld, dan het die tyd aangebreek vir hierdie bediening om te eindig. Dit gaan nie hier oor geld nie, dit gaan daaroor om siele by Christus te kry.

Ek wil meer weet; wat’s die volgende stap?

Die Bybel sê: “geloof kom deur die gehoor,” so ons moedig jou aan om aan te hou luister. Ons het meer as 1,200 opgeneemde boodskappe beskikbaar vir gratis aflaai. Ons kan vir jou materiaal oor die pos stuur as jy probleme het om die elektroniese lêers af te laai.


www.branham.org pos daaglikse nuus en getuienisse wat verband hou met ons bediening. Ons nooi jou uit om daagliks by ons aan te sluit en berigte te lees van gelowiges om die wêreld. Jy mag verbaas wees oor hoeveel groot dinge die Here Jesus op hierdie oomblik, in hierdie modern dag, doen.