Johannes 5:28-29

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor,

en sal uitgaan, dié wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en dié wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.


Daar kom ’n dag wanneer elkeen van ons, Christen of nie, presies sal uitvind wat anderkant die tydsgordyn is. Die Bybel beloof Ewige Lewe aan sommige, en aan andere, beloof dit veroordeling. Elke mens deur die ganse verlede, het sekerlik homself afgevra: “Wat sal met my gebeur as ek sterf?”

Lank voor daar ’n Bybel was om te lees, het die profeet Job die natuur dopgehou. Hy het gepraat van die hoop van ’n boom, hoe dit afgekap sou word en sterf, tog deur die reuk van water, ontspring dit weer tot lewe en stoot vars botsels uit. Job het geweet dat ’n mens, soos die boom, weer sou opstaan tot lewe:

As ’n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

U sou roep, en ek sou u antwoord, na die maaksel van u hande sou u verlang.

Want nou tel u my voetstappe. Let u nie op my sonde nie? (Job 14:14-16)

Job mag miskien nie ’n Bybel gehad het om te lees nie, maar hy het geweet dat God hom eendag uit die graf sou opwek wanneer die Verlosser van die mensdom sou voortkom.

Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ’n boek opgeteken word -

met ’n ystergriffel en lood - vir altyd in ’n rots ingekap!

Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou. (Job 19:23-26)

Die profeet het gepraat van die Here Jesus en die opstanding van Sy mense. Deur openbaring het Job geweet dat al sou ons liggame totaal vergaan, Jesus ons vlees sou herstel. En met ons eie oë, sal ons Sy Koms sien. Al God se mense verlang om daardie heerlike dag te sien.

Tog, net so seker as wat God bestaan, is daar ook ’n duiwel; en net so seker as wat daar ’n Hemel is, is daar ook hel. Daar is meer op die spel as wat ons ons kan voorstel. Die Apostel Paulus het gesê: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir dié wat Hom liefhet.” (I Kor. 2:9)

Ons verstand kan nie begryp hoe groots die Hemel gaan wees nie, en ook kan dit nie die gruwels van die hel begryp nie. Jesus het vir ons gesê dat die hel so erg is dat dit beter vir ons is om ’n deel van ons liggaam af te kap as om die kans te vat om na daardie verskriklike plek toe te gaan.

En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur; (Markus 9:43)

So wie sal Hemel toe gaan? En wie sal hel toe gaan? Dis ’n hartseer gedagte, maar Jesus het gesê dat die meeste mense nie die belonings sal ontvang wat Hy wil gee nie: Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. (Matt 7:13-14)

Jesus het ook gesê: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir my sê: ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?’ En dan sal Ek aan hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat ongeregtigheid werk!’” (Matt 7:21-23)

Net omdat ’n persoon aanspraak maak op Christelikheid, beteken nie dat hy gered is nie. So, dit is die ooglopende vraag in ons gemoed. Hoe ontvang ek Ewige Lewe? Jesus het vir ons ’n baie eenvoudige antwoord gegee: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. (Johannes 5:24)

Ongelukkig, is daar so min mense in die wêreld vandag wat gewillig is om die tyd uit hulle besige dae te neem om die Woord van God te hoor. En daar is selfs minder wat die Woord sal glo as hulle dit eers gehoor het.

Die kerke sê vir ons om ’n goeie persoon te wees, positief te dink, nie te lieg, bedrieg, of te steel nie, en ons sal Hemel toe gaan. Hulle verstaan nie dat die hel vol mense gaan wees wat blykbaar goeie lewens gelei het. Die werklikheid is dat ons nie Hemel toe sal gaan as gevolg van ons regverdige dade of omdat ons ’n lidmaat van ’n sekere kerk was nie. Daar is slegs een pad na Ewige Lewe, en dit is deur Jesus Christus. Hy het ons beveel dat ons Sy Woord, wat die Bybel is, moes GLO. Anders, hoe kan ons gered word?

Wanneer die oordeelsdag vir jou kom, sal jy hoor: “Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af,” (Matt 25:34) of sal jy hoor: “Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele”? (Matt 25:41)

Soos jou oë oor hierdie woorde lees, het jy ’n keuse om te maak: Sal jy kies om God se Woord te glo?

Waar gaan jy ewigheid deurbring?







Verwysings

Job 14:12-16

So lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.

Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my ’n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!

As ’n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.

Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?

Job 19:23-26

Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ’n boek opgeteken word -

met ’n ystergriffel en lood -vir altyd in ’n rots ingekap!

Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan:

En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

Matthéüs 7:21-23

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat ongeregtigheid werk!

Matthéüs 22:14

Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Johannes 3:16-17

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Johannes 5:24

Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

I Korinthiërs 2:9

Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir dié wat Hom liefhet.

I Thessalonicense 4:13–18

Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos ander wat geen hoop het nie.

Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook dié wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie.

Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en dié wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.