Vroeg in Broer Branham se bediening het dit duidelik geword dat die denominasionele sisteem gebou is om godsdienstige organisasies te bevorder, en nie die ware Evangelie nie. Broer Branham het die Bybel Woord-vir-Woord geglo, en wou nie toegee nie, selfs al het dit beteken dat hy uitgesluit is van sy kollegas, vriende, of familie.
Terwyl hy steeds ’n lidmaat was van die Sending Baptiste Kerk, is hy gesê om vroue predikante toe te wy. Hy het egter die Skrifte te goed geken. I Timóthéüs 2:12 sê duidelik: “Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou,” en I Korinthiërs 14:34 sê: “Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie…” Dit was niks teen vroue nie, maar die Bybel was swart op wit oor die onderwerp. Toe die ultimatum gegee is, kon hy nie toegee nie, en het hy die kerk verlaat.
Dit was nie die enigste Skrif wat heeltemal deur die denominasies geïgnoreer is nie. Die Here het die waarheid omtrent die doop aan Broer Branham geopenbaar. Hoe kon Jesus beveel: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees,” tog was elke doop wat in die Bybel opgeteken is, in Jesus se Naam? Die apostel Petrus het beveel in Handelinge 2:38 om te bekeer en gedoop te word in die Naam van Jesus Christus. Die Skrifte werk in algehele eenheid, maar dit het ’n profeet gekos om hierdie verborgenheid te openbaar: “Vader” is nie ’n naam nie, “Seun” is nie ’n naam nie, en “Heilige Gees” is nie ’n naam nie. Net soos een man die vader is van sy kinders, die seun van sy ouers, en die broer van sy bloedverwante is, tog is sy naam nie “vader,” “seun,” of “broer” nie. Vader, Seun, en Heilige Gees is titels vir die Naam van Jesus Christus. Matthéüs 28:19 en Handelinge 2:38 het perfek opgelyn.
Selfs die oorspronklike sonde in die Tuin van Eden is geopenbaar, nie as die eet van ’n vrug nie, maar iets baie meer onheilspellend. Hoe kon die eet van ’n stukkie vrugte dadelik aan Adam en Eva openbaar dat hulle nakend was? Dit maak net eenvoudig nie sin nie. Wat het ’n appel te doen met naaktheid? God se profeet het hierdie verborgenheid duidelik openbaar.
Wie was die engele waarvan gepraat word in Openbaring hoofstuk 2 en 3? Hulle name mag bekend klink.
Wie is die geheimsinnige perderuiters van Openbaring hoofstuk 6? Hulle het almal een baie belangrike ding in gemeen.
Word die Verenigde State genoem in die Boek van Openbaring?
Wie is die 144,000 wat in hoofstuk 7 gered is?
Wie is die groot hoer van Hoofstuk 17? Haar identiteit en al hierdie verborgenhede is geopenbaar in die Boodskap van hierdie magtige profeet wat van God af gestuur is.
Nie net het ontelbare wonderwerke hierdie man gevolg nie, maar die verborgenhede wat in die Bybel versteek was deur die eeue, is ook geopenbaar in sy bediening. Dit het duidelik geword dat hierdie profeet meer Skrifte vervul het as Maleági 4.
Openbaring 10:7: Maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
’n Stem roep uit na die wêreld om uit die denominasies te kom en terug te keer na God se oorspronklike Woord. Elkeen van ons het dieselfde geleentheid wat Petrus, Jakobus, en Johannes gehad het. Ons het die geleentheid om gereken te word saam met God se paar uitverkorenes wat nie sal buig voor die godsdienstige organisasies van die dag nie.
Heilige Skrif teken die lewens en dade van manne aan wat met God gewandel het en so gesalf was met Sy Gees dat hulle SO SPREEK DIE HERE verklaar het, en hulle woorde is bevestig deur onfeilbare tekens en wonders. Hulle was God se profete, en die Stem van God vir hulle geslag.
Is tye nou anders as wat hulle was toe Jesus hier was? Dit was godsdienstige leiers wat Hom gekruisig het. Die dissipels was ’n klein minderheid onder ’n yslike godsdienstige sisteem. Hulle is uigestoot, bespot, en uiteindelik doodgemaak omdat hulle ’n stand ingeneem het teen die hoofstroom denominasionele sisteem. Ons mag miskien nie vandag doodgemaak word vir ons geloof nie, maar ons word sekerlik vervolg. Soos die Fariseërs en Sadduseërs, kan hulle nie die wonderwerke onthou wat Broer Branham se sending gevolg het nie, so hulle gebruik ander aanvalle. Jy mag hoor hy was ’n valse profeet, sekte leier, of erger. In werklikheid, was hy ’n nederige man van God wat sterk gestaan het teen die onwrikbare beheer wat denominasies en sektes oor God se mense het. Hulle het Jesus op dieselfde manier aangeval toe Hy gestaan het teen hulle dogmas en tradisies.
God het Broer Branham se gewilligheid geëer om elke Woord in die Bybel te glo, en Hy gebruik sy bediening om miljoene siele na Jesus Christus toe te lei. Vandag, basuin die Stem van die Sewende Engel net so hard uit as wat Dit ooit het. Omtrent twee miljoen mense wêreldwyd glo Broer Branham se Boodskap. Dit is maar ’n geringe minderheid van die twee biljoen wat aanspraak maak op Christendom, maar was God se mense nie ’n minderheid nie?
Ons het meer as 1200 opgeneemde preke wat die Stem bevat wat geprofeteer is om te kom in Openbaring 10:7. Elkeen van hierdie preke ontsluit meer verborgenhede van God. Die Stem is beskikbaar aan jou as jy gewillig is om daarna te luister.
DIT IS JOU KEUSE
Nie vir een oomblik bring ek ’n boodskap na die mense dat hulle my mag volg, of by my kerk aansluit, of ’n gemeenskap of organisasie begin nie. Ek het dit nooit gedoen nie en sal dit nie nou doen nie. Ek stel geensins belang in daardie dinge nie, maar ek stel wel belang in die dinge van God en mense, en as ek net een ding kan bereik, sal ek tevrede wees. Daardie een ding is om ’n ware geestelike verhouding tussen God en die mens gevestig te sien, waarin die mense nuwe skeppinge in Christus word, gevul met Sy Gees en lewe volgens Sy Woord. Ek sou almal uitnooi, bepleit en waarsku om na Sy stem te luister op hierdie tyd, en julle lewens totaal aan Hom te wy, soos ek in my hart vertrou dat ek my alles vir Hom gegee het. God seën jou, en mag Sy koms jou hart verbly.
Eerw. William Marrion Branham
Vir meer inligting oor die bediening van Eerwaarde William Marrion Branham en hoe om sy preke te bekom,
kontak asseblief:
THEMESSAGE.COM
58 Disa Road, Admiral’s Park, Gordon’s Bay 7140 Western Cape
Republic Of South Africa
812-256-1177