ʼn BESOEK VAN ʼn ENGEL



Die gesigte het aangehou. Daar is vir hom gesê deur sy geestelike kollegas dat sy gesigte nie van God was nie, dan is vir hom gesê dat ’n bose gees van hom besit geneem het. Dit het hom ernstig gepla. Die las het te swaar geword om te dra, so hy het in die wildernis ingegaan om die Wil van God te vind. Hy was so toegewyd dat hy belowe het om nie terug te keer sonder ’n antwoord nie. Dit was daar, in ’n ou valstrikhutjie, dat die Engel van die Here vir hom sy opdrag gegee het. Onder andere, het die Engel vir hom dit gesê: “As jy die mense jou kan laat glo, en opreg sal wees wanneer jy bid, sal niks voor jou gebed staan nie, selfs nie eens kanker nie.”

Al die twyfel was weg. Hy het nou ’n opdrag gehad en het met vrymoedigheid vorentoe getree. Die genesingsherlewing het begin.

Honderde duisende het die Branham veldtogte bygewoon. Duisende is genees in die Naam van die Here Jesus Christus. Ander evangeliste soos Oral Roberts, T. L. Osborn, en A. A. Allen het spoedig op Broer Branham gevolg en hulle eie genesingsherlewings begin. Die Here het Sy seëninge laat reën soos nooit tevore nie. Die genesende hand van Jesus Christus het weereens Sy mense aangeraak.

“Ek het dikwels geween van vreugde oor God se jongste gawe aan die kerk van ons geliefde broer William Branham, met sy wonderlike gawe van genesing. Dit is ’n geval van God wat doen ver bo alles wat ons kan vra of dink (Ef. 3:20), want ek het nooit gesien of gehoor van enigiets gelykstaande aan die genesingsbediening van William Branham nie.”

Eerw. F. F. Bosworth, wêreld-beroemde evangelis en een van die stigters van die Gemeentes van God denominasie sowel as die moderne Pinksterbeweging.

“In een geval, het ons dopgehou terwyl hy met ’n man gepraat het wat op ’n bed lê. Eers was daar geen teken van ’n intelligente reaksie van die man nie. Verduideliking het toe gekom van die vrou wat langsaan gestaan het, dat die man nie net sterwend was aan kanker nie, maar doof was en nie kon hoor wat gesê word nie.

Broer Branham het toe gesê dat dit nodig sou wees vir die man om sy gehoor te ontvang sodat hy hom kon berading gee vir die genesing van sy kanker. Daar was ’n oomblik van gebed. Skielik kon die man hoor! Yslike groot trane het langs daardie man se wange afgeloop, wie se gesig heel aand so uitdrukkingloos en strak was. Hy het geluister met diepe belangstelling soos hy vertel is van sy verlossing van kanker.”

Eerw. Gordon Lindsey, bekroonde skrywer, prediker, en stigter van die Christus Vir Die Nasies Instituut.

“Broer Branham het gesê: ‘Die Kongreslid is genees.’ My hart het gespring. Ek het uitgestap en die Here as my Geneesheer aanvaar. Ek het my krukke neergelê…en die boom van die Hemel het uitgeval!”

William D. Upshaw, V.S.A. Kongreslid (1919-1927), V.S.A. Presidentskandidaat in 1932. Kreupel vandat ’n val sy rug gebreek het as ’n kind. Hy was 84 toe hy volkome genees is na Broer Branham se gebed, nadat hy 66 jaar kreupel was. Hy het nie weer ’n rolstoel of krukke nodig gehad vir die res van sy lewe nie.

“Ek was agt jaar en nege maande op my rug met T.B. en die dokters het my opgegee. Ek het skaars 50 pond geweeg en dit het gelyk asof alle hoop verdwyn het. Toe het Eerw. WM Branham van Jeffersonville, Indiana, gekom in ’n gesig wat hy gesien het dat ’n lam vasgevang soos in ’n wildernis en ‘Milltown’ geskree het, wat is waar ek woon. Toe hy ingekom het, het hy hande op my gelê en gebid, en die Naam van ons dierbare Here Jesus oor my uitgeroep. Iets het my skynbaar beetgekry en meteens was ek regop en het God gedank vir Sy krag van genesing. Ek is nou die klavierspeler in die Baptiste kerk hier.”

Georgia Carter, Milltown, Indiana, is genees van terminale T.B. in 1940 en het nie ’n enkele dag weer aan daardie siekte gely in haar lewe nie. Sy verteenwoordig tiene van duisende van mense wat genees is deur sy bediening en wat vandag nog genees word.