Die Belofte Van ’n Profeet In Die Laaste Dae



Die heel laaste woorde wat in die Ou Testament geskryf is, gee hierdie belofte: “Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” (Mal 4:5-6)

Die groot en vreeslike dag van die Here moet nog kom, so ons behoort opreg te soek na die profeet Elía. In die Bybel, het die profete nie na die hoofstroom godsdienstige organisasies toe gekom nie. Hulle het na ’n paar uitverkorenes gekom. Dink as die profeet van Maleági 4 gekom het, en hy is misgekyk. Wat as hy soos die profete van ouds is, en net ’n handjievol mense herken hom? Die antwoord word duidelik in die Skrifte gesien. Hy sal die natuur van ’n profeet hê. Hy sal die gedagtes van die hart ken. Hy sal wonderwerke doen. Die godsdienstige organisasies sal probeer om hom te diskrediteer. Maar daar sal ’n paar uitverkorenes wees wat hom herken as die beloofde boodskapper van die dag.

Hoe sal ons weet wanneer Elía terugkeer? Watter karaktertrekke sal hy uitbeeld sodat ons hom kan herken?

Elía was ’n man van die wildernis. Groot tekens en wonders het sy bediening gevolg. Hy het gepreek teen die euwels van sy dag. Hy het veral gepreek teen die onsedelikheid van Koningin Isébel. Toe Elía opgeneem is na die Hemel in ’n vuurwa, het sy gees op Elisa geval. Toe het groot tekens en wonders Elisa se bediening gekenmerk, en hy het ook teen die sondes van die wêreld gepreek. Albei profete het alleen gestaan teen die godsdienstige organisasies van daardie dag. Honderde jare later, het dieselfde gees teruggekeer na die aarde in Johannes die Doper. Die profeet Maleági het voorspel dat Elía sou terugkeer om die Here vooraf te gaan: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor my uit sal baan…” (Maleági 3:1). Johannes die Doper het die patroon gevolg soos hy uitgeroep het vir bekering onder die kinders van God. Soos Elía, het hy teen die koning en die moderne organisasies gepreek. Die Here Jesus het bevestig dat Johannes die Doper die profeet van Maleági 3 was in die Boek van Matthéüs (11:10): “Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor U aangesig, wat U weg voor U sal regmaak.” Lukas 1:17 sê dat die gees van Elía in Johannes die Doper sou wees, “En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders.” Maar let op dat die tweede deel van Maleági 4 nog vervul moes word: “…en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Daardie deel van die Skrif sal gebeur voor die Tweede Koms van Christus.

Tweeduisend jaar na Johannes die Doper, is dit weer tyd vir die gees van Elía om terug te keer na die aarde.

Daardie dag het aangebreek! In hierdie eeu, het ons die gees van Elía sien terugkeer. Hy het die moderne denominasionele sisteem uitgedaag. Hy het teen die sondes van die wêreld gestaan. Hy het ontelbare tekens en wonders gedoen. Hy het die Bybel woord-vir-woord gepreek van Génesis tot Openbaring. Die profeet van Maleági 4 het gekom soos belowe is, en hy het ’n Boodskap gebring vanaf die Troon van God Almagtig. Daardie profeet se Naam is William Marrion Branham. Ons noem hom “Broer Branham.”

“William Branham, wie ek liefgehad en geglo het as ’n profeet van God.”

Oral Roberts, wêreld-beroemde evangelis en stigter van Oral Roberts Universiteit.

“William Branham het ons pad langs gekom as die profeet van God en vir ons gewys in die twintigste eeu presies dieselfde dinge wat in die Evangelies gewys is…God het Sy mense besoek, want ’n groot profeet het onder ons opgestaan.”

Dr. T.L. Osborn, Pinkster evangelis en begaafde skrywer.

“Voor gebed vir ’n persoon, sou hy akkurate besonderhede gee van die persoon se kwale, en ook besonderhede van hulle lewens - hulle tuisdorp, aktiwiteite, aksies - selfs ver terug in hulle kinderdae. Branham het nooit een maal ’n fout gemaak met die woord van kennis in al die jare wat ek by hom was nie. Dit dek, in my geval, duisende gevalle.”

Ern Baxter, bestuurder van Branham Veldtogte vir sewe jaar, en een van die oorspronklike leiers van die Britse Nuwe Kerk Beweging.

Nie sedert die Here Jesus Christus die aarde bewandel het, het ’n mens die wêreld op so ’n diepgaande wyse beïnvloed nie. Vanaf ’n nederige begin in ’n een-kamer hutjie in die heuwels van Kentucky, tot by Amarillo Texas waar die Here hom huis toe geneem het, was sy lewe deurgaans gekenmerk deur bonatuurlike gebeure. Volgens die opdrag van die Engel van die Here in 1946, het Broer Branham se bediening ’n vonk voorsien wat ’n tydperk van groot genesingsherlewings aangesteek het wat oor Amerika en om die wêreld getrek het. Tot hierdie dag, word hy herken deur Christen historici as die “vader” en “pas-aangeër” van die 1950’s se genesingsherlewing wat die Pinkster Kerk getransformeer het en uiteindelik gelei het tot die opkoms van die Karismatiese beweging, wat vandag omtrent elke Protestante denominasie beïnvloed. Tog, volgens die patroon, minag die denominasies sy leringe en ontken sy opdrag.

Waar hy ook al gegaan het, het God bewys Broer Branham was die profeet van hierdie geslag. Soos Job, het die Here met hom gepraat in ’n warrelwind. Soos Moses, het die Vuurkolom hom gelei. Soos Miga, was hy teengestaan deur die kerklui. Soos Elía, was hy ’n man van die wildernis. Soos Jeremia, het hy opdrag ontvang van ’n Engel. Soos Daniël, het hy gesigte gesien van die toekoms. Soos die Here Jesus, het hy die geheime van die hart geken. En soos Paulus, het hy die siekes genees.

Die Here het weer sy mense besoek deur ’n profeet. In die donkerste tyd in die geskiedenis, waar sedelikheid gedaal het tot vlakke wat nooit tevore gesien is nie en wapens van massa vernietiging op die horison lê, is ’n nederige man gestuur uit die teenwoordigheid van God om ’n sterwende ras tot bekering te roep.

Die geliefde dissipel Johannes het van die Here Jesus geskryf:

En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen. (Johannes 21:25)

Dieselfde kan gesê word oor die lewe van Broer Branham. Daar is meer as 1200 opgeneemde preke met duisende stories van die lewe van hierdie dapper man. Tog hoor ons voortdurend nuwe getuienisse van sy invloed op die lewens van miljoene mense. Hierdie boekie kan maar net oppervlakkig kyk na die invloed wat hierdie man van God op die wêreld gehad het.