Psalm 96:13
Voor die aangesig van die HERE; want hy kom, want hy kom om die aarde te oordeel: hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
Daar is duidende verskillende denominasies in die wêreld vandag. Elke godsdiens veroordeel die ander, tog beloof hulle almal verlossing deur
hulle
denominasie. Hoe weet ons watter een om te kies?
As ons die Katolieke kerk kies, dan aanvaar ons die bemiddeling van heiliges, wat niks minder as gebed aan afgode is nie. Die Bybel sê:
“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,”
(I Tim 2:5) Die priester word “Vader” genoem, wat verbied is deur Jesus in Matt 23:9:
“En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.”
Die Gemeentes van God sê vir ons dat die praat in tale is die eerste bewys van die Heilige Gees, wanneer Paulus sê:
“Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.”
(I Kor 13:1)
Amper alle denominasies is vinnig om ons te vertel dat baie dinge in die Bybel wanvertolk word, in vertalings verlore gaan, of nie van toepassing is in vandag se wêreld nie. So, is ons veronderstel om die Bybel of die denominasionele doktrienes te glo? Wat sal God gebruik as ’n standaard vir oordeel?
As ek die Katoliek vanaand hier sou vra: “Waarvolgens dink jy sal God die wêreld oordeel?” Die Katoliek sê: “Volgens die Katolieke Kerk.” Goed, nou watter Katolieke Kerk? Nou hulle het die Roomse, Grieks Ortodokse, en vele van hulle. Watter Katolieke Kerk sou dit wees? Die Lutheraan sê: “Volgens ons,” dan is julle Baptiste uit. En dan as ons sou sê: “Volgens die Baptiste,” dan is julle Pinksters uit. So daar sou so ’n verwarring wees, niemand sal weet wat om te doen nie; daarom het Hy nooit beloof om die wêreld volgens die kerk te oordeel nie.
Hy het beloof om die wêreld volgens Christus te oordeel, en Christus is die Woord. En die Bybel is wat die wêreld sal oordeel, wat Jesus Christus dieselfde gister, vandag, en tot in ewigheid, is.
Verwysings
Johannes 1:1
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Johannes 1:14
En die Woord het vlees geword,
en het onder ons gewoon - en ons het sy Heerlikheid aanskou, ’n Heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid.
Johannes 5:22
Want die Vader oordeel ook niemand nie,
maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
Johannes 12:48
Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel:
die Woord wat Ek gespreek het,
dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Efésiërs 1:5-7
Deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,
tot lof van die Heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van misdade na die rykdom van sy genade,
Efésiërs 2:5-8
Ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus (uit genade is julle gered)
en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierendheid oor ons in Christus Jesus.
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is ’n gawe van God;
I Johannes 1:7
Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar, en
die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Openbaring 22:18-19
Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.